Naguib Mahfouz | |
---|---|
Gebore | 11 Desember 1911 |
Sterf | 30 Augustus 2006 (op 94) Kaïro, Egipte |
Nasionaliteit | Egipte |
Beroep | romanskrywer |
Bekend vir | Cairo Trilogy |
Naguib Mahfouz (Arabies: نجيب محفوظ Nagīb Maḥfūẓ, IPA: [næˈɡiːb mɑħˈfuːzˤ]; 11 Desember 1911 – 30 Augustus 2006) was 'n Egiptiese skrywer wat in 1988 die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het.[1]
Hy is beroemd vir die manier waarop hy die Arabiese taal se letterkunde gemoderniseer het. Hy is een van die skrywers van die Arabiese taal wat die letterkundige temas van eksistensialisme ondersoek het.